Translations [18]
English
- Bhikkhu Sujato
- Laurence Khantipalo Mills (2015)
日本語
- 関西パーリ語実習会 (2023)
Deutsch
- Nyanaponika Thera
- Sabbamitta (2019)
Afrikaans
- Prof. J.S. Krüger (1999)
Português
- Laera et al.
Русский
- Н. И. Герасимов (2010)
Nederlands
- Peter van Loosbroek
Norsk
- Kåre A. Lie
Svenska
- Rune. E. A. Johansson
Srpski
- Branislav Kovačević (2023)
தமிழ்
- Ben Arasu
Việt Ngữ
- Thích Minh Châu
Bahasa Indonesia
- Indra Anggara
සිංහල
- A.P. de Zoysa
ပြန်သွားရန်
- Pitaka Myanmar Translation
पाळिभासा (Pāli)
- Mahāsaṅgīti Tipiṭaka
Reference
- Sutta Central
Die oorsprong
Àldus het ek gehoor:
By geleentheid het die Deurlugtige in Tamkitamanca in die buurt van Gaya gewoon, in die blyplek van die demoon Suciloma. Die demone Khara en Suciloma het nie ver van die Deurlugtige af nie verbygekom. Khara het aan Suciloma gesê:
‘Daardie man is ’n swerwer.’
‘Hy is nie ’n swerwer nie—hy is maar net ’n rondloper. Maar ek sal uitvind of hy ’n swerwer of ’n rondloper is.’
Toe loop die demoon Suciloma na die Deurlugtige toe en druk sy liggaam teen hom. Toe die Deurlugtige wegstaan, sê Suciloma:
‘Swerwer, jy is bang vir my.’
‘Nee vriend, ek is nie bang vir jou nie; maar jou aanraking is onaangenaam.’
‘Ek sal jou ’n vraag vra, swerwer. As jy my nie antwoord nie, sal ek jou gees omver gooi of jou hart skeur of jou aan jou voete optel en oor die Ganges gooi.’
‘Vriend, in die wêreld wat gode en Mara en Brahma insluit en onder wesens wat swerwers en brahmane, gode en mense insluit, sien ek niemand wat my gees omver kan gooi of my hart kan skeur of my aan my voete kan optel en oor die Ganges gooi nie. Maar vra gerus wat jy wil.’
Toe het die demoon Suciloma die Deurlugtige in ’n vers aangespreek:
‘Wat is die oorsprong van begeerte en haat,
die bron van sin, weersin en verskrikking?
Waar ontstaan die gedagtes wat die gees folter
soos seuns ’n gevange kraai terg?’‘Dít is die oorsprong van begeerte en haat,
die bron van sin, weersin en verskrikking;
híér ontstaan die gedagtes wat die gees folter
soos seuns ’n gevange kraai terg:Hulle kom op uit verknogtheid
en loop uit die self uit
soos lote uit die stam van ’n vyeboom.
Verknoop met begeertes groei hulle wild
soos ’n ranker deur die woud verstrengel.Die wat die wortel vind roei dit uit.
Luister, o yakkha:
hulle steek die moeilike stroom oor
wat nog nooit oorgesteek is nie
en word nie weer gebore nie.’
Translations [18]
English
- Bhikkhu Sujato
- Laurence Khantipalo Mills (2015)
日本語
- 関西パーリ語実習会 (2023)
Deutsch
- Nyanaponika Thera
- Sabbamitta (2019)
Afrikaans
- Prof. J.S. Krüger (1999)
Português
- Laera et al.
Русский
- Н. И. Герасимов (2010)
Nederlands
- Peter van Loosbroek
Norsk
- Kåre A. Lie
Svenska
- Rune. E. A. Johansson
Srpski
- Branislav Kovačević (2023)
தமிழ்
- Ben Arasu
Việt Ngữ
- Thích Minh Châu
Bahasa Indonesia
- Indra Anggara
සිංහල
- A.P. de Zoysa
ပြန်သွားရန်
- Pitaka Myanmar Translation
पाळिभासा (Pāli)
- Mahāsaṅgīti Tipiṭaka
Reference
- Sutta Central
Die oorsprong
Commentaries [1]
English