Translations [20]
English
- Bhikkhu Sujato
- Laurence Khantipalo Mills (2015)
日本語
- 関西パーリ語実習会 (2023)
Français
- Canonpali.org
Deutsch
- Nyanaponika Thera
- Sabbamitta (2019)
Afrikaans
- Prof. J.S. Krüger (1999)
Italiano
- Enzo Alfano
Português
- Michael Beisert (2006)
Русский
- Н. И. Герасимов (2009)
Nederlands
- Guy Eugène Dubois
- Peter van Loosbroek
Norsk
- Kåre A. Lie
Slovenščina
- Ajahn Hiriko
தமிழ்
- Ben Arasu
Việt Ngữ
- Thích Minh Châu
Bahasa Indonesia
- Indra Anggara
සිංහල
- A.P. de Zoysa
ပြန်သွားရန်
- Pitaka Myanmar Translation
पाळिभासा (Pāli)
- Mahāsaṅgīti Tipiṭaka
Reference
- Sutta Central
Gee die self-substansie prys
As mens by sekere dogmas (die ‘hoogste’) vasstaan
en volhou dat dit die beste in die hele wêreld is
sê jy dat al die ander ‘minderwaardig’ is—
en transendeer dispute nie.In wat jy sien of hoor of dink, in reëls of in geloftes
bespeur jy voordeel vir jouself en jy omhels dit—
en beskou dus alle ander dinge
as van weinig waarde.Om afhanklik van wat jy sien of hoor of dink, van reëls of van geloftes
alle ander dinge as minderwaardig te beskou,
dit noem die lewensvaardiges ’n strik—
laat ’n monnik onafhanklik bly.Laat hom nie op basis van kennis of reëls of geloftes enige dogma
op aarde konstrueer nie; laat hom nie aan homself dink
of homself voorstel as enigeen se gelyke
of mindere of meerdere nie.Omdat hy die ‘self’-substansie prysgee hou hy aan niks vas nie,
ontwikkel hy geen afhanklikheid selfs van kennis nie,
kies hy nie partydig kant in twiste nie,
val hy op geen dogma terug nie.Omdat hy geen begeerte oorhet wat betref die twee-end lewe hier
en met die oog op voortbestaan in hierdie lewe of hierna nie,
gryp hy—ná ondersoek van gees-konstruksies—
na hoegenaamd geen vaste anker nie.Hoe sou op aarde enigeen durf twyfel aan een wat só brahmaan is:
wat ten opsigte van wat gesien, gehoor, gedink word
nie die geringste persepsie saamstel nie
en geen dogma handhaaf nie.So ’n brahmaan bou en bewonder geen gees-konstruksies nie,
gee hom aan geen enkele lering blindelings oor nie
en word deur geen reël of gelofte gelei nie;
hy steek dit alles oor—
en kom nie terug nie.
Translations [20]
English
- Bhikkhu Sujato
- Laurence Khantipalo Mills (2015)
日本語
- 関西パーリ語実習会 (2023)
Français
- Canonpali.org
Deutsch
- Nyanaponika Thera
- Sabbamitta (2019)
Afrikaans
- Prof. J.S. Krüger (1999)
Italiano
- Enzo Alfano
Português
- Michael Beisert (2006)
Русский
- Н. И. Герасимов (2009)
Nederlands
- Guy Eugène Dubois
- Peter van Loosbroek
Norsk
- Kåre A. Lie
Slovenščina
- Ajahn Hiriko
தமிழ்
- Ben Arasu
Việt Ngữ
- Thích Minh Châu
Bahasa Indonesia
- Indra Anggara
සිංහල
- A.P. de Zoysa
ပြန်သွားရန်
- Pitaka Myanmar Translation
पाळिभासा (Pāli)
- Mahāsaṅgīti Tipiṭaka
Reference
- Sutta Central
Gee die self-substansie prys
Commentaries [1]
English